Global Coverage

Visit this country's website View our global coverage

Afrikaans Insights Online-privaatheidkennisgewing

Insights se algemene privaatheidskennisgewing

Welkom by die Insights Privaatheidskennisgewing (“Kennisgewing”).

Hierdie Kennisgewing:

Indien u persoonlike inligting oor of namens ’n ander persoon verskaf, moet u verseker dat u aan hulle meedeel wat u aan ons verskaf, waarom u dit verskaf en hulle bewus maak van hierdie Kennisgewing.  Moet asseblief nie enige persoonlike inligting aan ons verskaf tensy u geregtig is om dit te doen nie.

Daar is ’n woordelys aan die einde van hierdie Kennisgewing wat ontwerp is om u te help om sommige van die terme wat ons gebruik het, te verstaan.  Waar ons terme of woorde omskryf het, het ons probeer om hulle deurgaans in hierdie Kennisgewing te verbind vir maklike verwysing.  Kontak ons asseblief indien daar enigiets in hierdie Kennisgewing is wat u nie verstaan nie.

Dit is belangrik dat u hierdie Kennisgewing saam met enige ander privaatheidsbeleid of beleid oor regverdige verwerking lees wat ons dalk verskaf sodat u ten volle bewus is van hoe en waarom ons u data gebruik. Hierdie Kennisgewing vul ander kennisgewings en privaatheidsbeleide aan en is nie bedoel om hulle te vervang nie.

Wie is ons?  

Ons is Insights Learning & Development Limited, ’n maatskappy wat in Skotland geregistreer is met die geregistreerde adres by Terra Nova, 3 Explorer Road, Technology Park, Dundee, DD2 1EG en maatskappynommer SC107074.   Enige verwysing na ”ons” of ”Insights” beteken Insights Learning & Development Limited en ons betrokke filiale. Besonderhede oor ons filiaalmaatskappye kan gevind word via ons webwerf.  Insights is ’n "beheerder”, wat beteken dat ons verantwoordelik is om te besluit hoe ons persoonlike inligting oor u hou en gebruik.

Hierdie Kennisgewing reël ons praktyke ten opsigte van die persoonlike data wat slegs deur Insights ingesamel en verwerk word.  Dit reël nie die praktyke van derde partye wat nie deur Insights besit of bestuur word nie, waaronder onder meer ons Direkte kliënte en/of Vennote.

Ons het ’n databeskermingsbeampte (”DPO”) aangestel wat aanspreeklik is om toesig te hou oor vrae ten opsigte van hierdie Kennisgewing.  Indien u enige vrae in verband met hierdie Kennisgewing het, of die behoefte het om u wettige regte uit te oefen, kontak ons DPO.

 

Besoek asseblief ons webwerf vir meer inligting oor Insights en wat ons doen.

Veranderinge aan hierdie Kennisgewing en u verpligting om ons in te lig oor veranderinge

 

Ons poog voortdurend om ons prosesse te verbeter en hierdie Kennisgewing gereeld te hersien.  U kan vorige weergawes bekom deur ons te kontak.

Ons moet dalk hierdie Kennisgewing van tyd tot tyd bywerk. Wanneer ons dit doen, sal ons poog om u op hoogte te hou van bywerkings deur middel van ons webwerf, toepassings en/of by wyse van die e-posadres wat u aan ons verskaf het.  Ons versoek ook dat u ons webwerwe nagaan vir enige bywerkings wat u dalk kan raak.

Dit is belangrik dat die persoonlike data wat ons oor u hou, akkuraat en op datum is. Hou ons asseblief op hoogte indien u persoonlike data verander tydens u verhouding met ons.  Kontak ons te eniger tyd om u persoonlike data by te werk.

 

Derdepartyskakels en Kliënte

Insights lewer dikwels Insights-produkte direk aan u in die vorm van ’n nabespreking, werksessie, ondervinding en/of leergeleentheid (’n Insights-geleentheid”).   Ons stel egter ook Kliënte in staat om Insights-produkte aan u te lewer deur middel van Insights-geakkrediteerde praktisyns.

U werknemer/organisasie

Insights akkrediteer dikwels individue om Insights-geleenthede aan u te lewer en te fasiliteer, wat Insights-produkte insluit.  Of u die Insights Discovery Evaluator onderneem of ’n Insights-geleentheid bywoon wat deur ’n kollega gefasiliteer of gelewer word, is dit waarskynlik dat u werknemer betaal het vir hulle akkreditering om Insights-produkte intern aan u werkgewer/organisasie te lewer.   Ons noem u werkgewer/organisasie ons “Direkte kliënt” en Insights-geakkrediteerde praktisyns van u werknemer of in u organisasie word “Kliëntpraktisyns” genoem.

Insights verskaf Insights-produkte aan Kliëntpraktisyns vir die doeleindes wat in hierdie Kennisgewing uiteengesit word. Hoewel Kliëntpraktisyns deur Insights geakkrediteer word, is hulle, as werknemers van u werkgewer/organisasie, onder die beheer van ons Direkte kliënt en mag hulle optree ingevolge die Direkte kliënt se opdragte.  Indien u werkgewer/organisasie aan ’n Kliëntpraktisyn opdrag of toestemming gee om u persoonlike data te verwerk op ’n wyse wat nie in hierdie Kennisgewing uiteengesit word nie, moet hulle ’n regsgrondslag daarvoor hê en aan u ’n afsonderlike privaatheidskennisgewing of -verklaring verskaf wat hulle verwerkingsaktiwiteite dek. Ons moedig u aan om alle privaatheidskennisgewings en/of privaatheidsverklarings te lees wat aan u gegee word.

Indien u bekommerd is oor hoe u werkgewer/organisasie die persoonlike data mag verwerk wat deur Insights aan hulle verskaf word, kontak hulle asseblief voordat u enige persoonlike data aan ons verskaf.

Insights is nie aanspreeklik vir enige verwerkingsaktiwiteite wat deur Direkte kliënte, Insights-geakkrediteerde praktisyns, -Administrateurs, Vennote of andersins uitgevoer word, vir enige ander doel as die doeleindes wat in hierdie Kennisgewing gespesifiseer word nie.

Vennote

Insights verskaf soms Insights-produkte aan derde partye wat sodanige Insights-produkte mag insluit (waaronder onder meer Persoonlike profiele en Team Wheels wat persoonlike data oor u bevat) by hulle eie programme, produkte en/of dienste.  Hoewel ons u Persoonlike profiel, Kleurvoorkeure, Team Wheel- of ander Insights-produkte met hulle deel vir die doeleindes wat in hierdie Kennisgewing uiteengesit word, word hierdie derde partye (bekend as “Vennote”) nie deur Insights beheer nie.

As onafhanklike beheerders is Vennote aanspreeklik vir hulle eie voldoening aan databeskermingswette, insluitend inligtingsvereistes.  Die Vennoot moet hulself aan u bekend maak en u inlig oor hoe en waarom hulle persoonlike data verwerk, asook oor enige regsgrondslag vir hulle verwerkingsaktiwiteite (indien hulle afwyk van die doeleindes wat in hierdie Kennisgewing uiteengesit word). Ons moedig u aan om alle privaatheidskennisgewings en/of privaatheidsverklarings wat aan u gegee word, te lees.  Die privaatheidskennisgewings en -verklarings wat deur ’n  Vennoot aan u verskaf word, moet u inlig oor hoe Insights-produkte by hulle programme, produkte en/of dienste ingesluit word, hoe en waarom hulle u persoonlike data gebruik en hulle regsgrondslag vir die verwerking daarvan.

Indien u enige kommer het oor die manier waarop een van ons Vennote u persoonlike data hanteer, moet u dit direk met hulle opneem, maar u kan nietemin asseblief die vrymoedigheid hê om ons ook daarvan in kennis te stel. Ons neem sulke sake baie ernstig op en sal alle klagtes ondersoek en u korrespondensie met respek hanteer.

Ons webwerf kan dalk skakels na derdepartywebwerwe, -inpropprogramme en -toepassings insluit. Deur op daardie skakels te klik of daardie verbindings te ontsper, kan derde partye toegelaat word om u data in te samel of te deel. Ons beheer nie hierdie derdepartywebwerwe nie en is nie aanspreeklik vir hulle privaatheidsverklarings nie. Ons moedig u aan om die privaatheidsbeleid van elke webwerf wat u besoek, te lees wanneer u ons webwerf verlaat.

Die persoonlike data wat ons oor u insamel

Ons versamel gewoonlik persoonlike data direk van u af wanneer u ons produkte en/of dienste gebruik of toegang daartoe bekom. Ons mag egter ook inligting van derde partye insamel.

Ons produkte is nie vir kinders bedoel nie en ons versamel nie bewustelik persoonlike data aangaande kinders nie.

Ons kan verskeie soorte persoonlike data oor u insamel, gebruik, berg en oordra, wat ons soos volg gegroepeer het:

Persoonlike data wat oor Kliënte ingesamel word

As u ’n Kliënt is, mag ons die volgende insamel:

  • Identiteitsdata (insluitend volle naam, gebruikersnaam of soortgelyke identifiseerder, titel, postitel, rol, senioriteit);
  • Kontakdata (insluitend faktuuradres, afleweringsadres, e-posadres, telefoonnommer);
  • Finansiële data (insluitend bankrekening en besonderhede van betalingskaart);
  • Transaksiedata (insluitend betalingsbesonderhede aangaande die produkte en dienste wat u by ons aangekoop het);
  • Tegniese data (insluitend internetprotokol (IP) -adres, aanmelddata, tipe blaaier en weergawe en ander tegnologie op die toestel wat gebruik word vir toegang tot ons webwerwe en ander dienste);
  • Gebruiksdata (insluitend inligting in verband met hoe u ons webwerwe, produkte en dienste gebruik);
  • Inligting wat u aan ons verskaf deur enige vorms op ons webwerf, Insights Online, Insights Connections, of andersins;
  • Enige terugvoering wat u aan ons verskaf aangaande ons produkte en/of dienste;
  • Inligting wat u verskaf wanneer u ons kontak;
  • Inligting wat u aan ons verskaf wanneer u wil inteken op ons dienspublikasies; en
  • Bemarkings- en korrespondensiedata (insluitend u voorkeure vir die ontvangs van ons bemarking en u korrespondensie- en koekievoorkeure, asook hoe u met ons bemarking omgaan, bv. klikspoed).

Indien u namens ’n Kliënt optree, sal ons persoonlike data insamel wat hierbo vermeld is, in soverre u deur die Kliënt benoem word of direk verbonde is by ’n betrokke aktiwiteit.  Byvoorbeeld: As u ’n benoemde gebruiker van die maatskappykaart of -rekening is wat gebruik word om produkte en/of dienste aan te koop, sal u persoonlike data verwerk word, of as u betrokke is by die onderhandeling van ’n bepaalde kontrak, sal ons kontakdata en identiteitsdata verwerk om met u te onderhandel.

Die persoonlike data wat ons insamel, word gewoonlik onder die volgende omstandighede ingesamel:

  • voor, by die aanvang van en tydens die termyn van ’n kontraktuele verhouding wanneer u inligting versoek of ons produkte en dienste aankoop;
  • met die onderhandeling of aanvang van ’n kontraktuele verhouding vir die verskaffing van produkte en/of dienste;
  • wanneer u ’n verskaffer se vraelysvorm of enige ander vorm voltooi as deel van ons omsigtigheidsondersoek-prosesse;
  • wanneer u ’n probleem aan ons rapporteer;
  • wanneer u ’n bestelling by een van ons ’webwinkels’ of andersins plaas;
  • wanneer u vorms in ons webwerf of vir ons produkte en dienste voltooi, insluitend wanneer u registreer om ons webwerf te gebruik, inteken op ons dienste, materiaal pos of verdere dienste gebruik;
  • wanneer u vir ’n kompetisie of reklameveldtog wat deur ons geborg word, inteken;
  • wanneer u ons kontak of ’n probleem aan ons rapporteer, terugvoering aan ons verskaf of ’n opname voltooi;
  • wanneer u met ons sake doen deur ons webwerf of wanneer u bestellings per telefoon of e-pos by ons plaas; en
  • wanneer u enige van ons persele besoek en versoek word om inligting aan ons te verskaf voor of tydens die besoek (bv. ons moet dalk rekord hou dat u binne die gebou is in geval van ’n brand).

Vir die doeleindes van hierdie Kennisgewing is ons VennoteKliënte” sowel as ons Direkte kliënte.

Deelnemer se persoonlike data

Wanneer u ’n Insights Discovery Evaluator onderneem, versamel ons die volgende persoonlike data:

  • U volle naam;
  • U werk se e-posadres;
  • U ”Staan bekend as”-naam;
  • U voorkeurtaal;
  • U voorkeurvoornaamwoorde;
  • Land waar woonagtig (opsioneel);
  • Ouderdomsbestek (opsioneel);
  • Postitel (opsioneel);
  • Dienstermyn (opsioneel);
  • Posvlak (opsioneel);
  • Sektor (opsioneel);
  • Sub-sektor (opsioneel);
  • U antwoorde op ons Insights Discovery Evaluator;
  • U Persoonlike Profiel;
  • U Kleurvoorkeure; en
  • U Team Wheel-posisie.

Ons kan ook dalk persoonlike data insamel wat u direk aan ons verskaf, waaronder onder meer wanneer u vorms invul, terugvoering oor ons produkte en/of dienste gee of op enige manier met ons korrespondeer, hetsy per pos, e-pos, deur ons webwerf of andersins.

Die  Insights Discovery Evaluator

Ten einde produkte soos die Persoonlike Profiel en Team Wheel te lewer, is dit nodig om persoonlike data van u in te samel deur middel van ’n vraelys wat ons die “Insights Discovery Evaluator” noem.  Die psigometriese instrument gebruik ’n eenvoudige en onvergeetbare kleurmodel om mense te help om hulle styl, sterkpunte en die waarde wat hulle aan hulle span bied, te verstaan.

Die Insights Discovery Evaluator bestaan uit ’n reeks stellings en u word gevra om in orde te rangskik hoe goed u dink dat elke stelling u en/of u voorkeure beskryf. U antwoorde sal deur ons algoritme verwerk word wat staatmaak op dekades se ondervinding en die ontwikkeling van ons intellektuele eiendom om ’n Persoonlike Profiel te lewer wat eie aan u is.

Ons hou ook ’n afskrif van u Insights Discovery Evaluator se antwoorde op lêer om:

  • U Persoonlike profiel te hergenereer (ingeval u nog ’n afskrif wil hê of ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn ’n afskrif benodig in verband met ’n Insights-geleentheid wat u gaan bywoon);
  • ’n Team Wheel te hergenereer of by te werk (ingeval ’n nuwe spanlid bygevoeg moet word of u ’n afskrif van ’n bestaande wiel wil hê);
  • u in staat te stel om vergelykings te tref tussen u antwoorde oor ’n sekere tydperk en om u leerondervinding na te spoor;
  • u te help om meer oor uself te ontdek; en
  • Insights-geakkrediteerde praktisyns in staat te stel om regdeur u leerervaring by u betrokke te wees.

Dit stel ons in staat om die volle voordeel van Insights-produkte te verskaf en u as individu om dit te ontvang deur middel van ons Insights-geakkrediteerde praktisyns.

Ons kan Insights-produkte (wat u persoonlike data inkorporeer) meer as een keer aan Insights-geakkrediteerde praktisyns verskaf en aan meer as een sodanige praktisyn (d.w.s. ons sal u Persoonlike profiel aan ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn verskaf om hulle toe te laat om dit aan u te verskaf in verband met ’n Insights-geleentheid  wat u gaan bywoon.  Let wel: Insights-geleenthede mag belangstellendes van ander organisasies wat nie aan u werknemer en/of organisasie verbind is nie, insluit.

Profielskepping

Hoewel ons u antwoorde van die Insights Discovery Evaluator gebruik om ’n Persoonlike profiel en Team Wheel te skep, doen ons nie ’profielskepping’ soos dit in databeskermingswetgewing omskryf word nie, want ons gebruik nie u inligting vir doeleindes van outomatiese besluitneming nie.

Onttrekking aan Team Wheels of Persoonlike profiele

Neem asseblief kennis dat u nie verplig is om u persoonlike data aan ons te verskaf nie.  As u nie ’n Persoonlike profiel wil ontvang nie, moet asseblief nie ons Insights Discovery Evaluator voltooi nie, want sodra dit voltooi is, sal ’n Persoonlike profiel outomaties gegenereer word.

Sodra ’n Persoonlike profiel geskep en gedruk word, mag u persoonlike data gedeel word met ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn  of -Administrateurs en hoewel ons enige afskrifte kan uitvee wat ons behou, sal ons nie beheer hê oor enige harde kopieë of elektroniese kopieë wat deur u werkgewer/organisasie, Insights-geakkrediteerde praktisyn of -Administrateur geberg word nie. Dit is dus belangrik dat u ook versoek dat u Insights-geakkrediteerde praktisyn en/of -Administrateur ook enige kopieë wat hulle behou van hulle stelsels verwyder.  Insights het geen beheer oor, nóg is hulle aanspreeklik vir Persoonlike profiele wat nie in hulle eie interne stelsels geberg word nie.

U is geregtig om te onttrek aan deelname by ’n Team Wheel.  Indien u besluit om te onttrek aan die Team Wheel, sal u dalk nie die volle voordeel ontvang van enige Insights-geleentheid wat u gaan bywoon nie.   As u aan die Team Wheel wil onttrek, kan u dit doen deur ons per e-pos te kontak by: dpo@insights.com of u Insights-geakkrediteerde praktisyn daarvan in kennis te stel.

Sodra ’n Team Wheel geskep en gedruk is, mag u persoonlike data gedeel word met ander lede van u Team (span) en/of met u werkgewer of organisasie.  Ons kan u wielposisie verwyder uit toekomstige elektroniese kopieë van  Team Wheels, maar ons sal dalk nie in staat wees om u te verwyder uit harde kopieë of elektroniese kopieë wat reeds bestaan nie (d.w.s. wat by u werkgewer, organisasie of Insights-geakkrediteerde praktisyn afsonderlik gestoor word).  Dit is dus belangrik dat u ons so gou moontlik in kennis stel dat u wil onttrek en indien u reeds deel van ’n Team Wheel was, dat u versoek om verwyder te word uit bestaande Team Wheels wat deur u werkgewer, organisasie en/of Insights-geakkrediteerde praktisyn geberg word. Insights het geen beheer oor, nóg is hulle aanspreeklik vir Team Wheels wat nie in Insights se interne stelsels geberg word nie.

Indien u verkies om nie u persoonlike data aan ons te verskaf nie, of indien u besluit om te onttrek, mag dit die verskaffing van party van ons produkte en/of dienste aan u vertraag of verhoed, of dit mag verhoed dat u die volle voordeel daarvan ontvang.  U is nietemin onder geen verpligting om enige persoonlike data wat ons aanvra aan ons te verskaf nie en u is ten volle daarop geregtig om te eniger tyd te onttrek.

Persoonlike data wat ingesamel word van Insights-geakkrediteerde praktisyns en -Administrateurs (insluitend individue wat ’n Insights Discovery-akkreditering bywoon).

Indien u ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn  en/of ’n Insights -Administrateur is, sal ons die volgende insamel:

  • U kontakbesonderhede (soos telefoonnommer, postitel, e-posadres, maatskappybesonderhede);
  • Die naam van u werkgewer of organisasie;
  • Persoonlike data wat u verskaf as u ’n rekening skep by Insights Online of Insights Connections;
  • U aanmeld- en gebruiksdata wanneer u aanmeld by Insights Online of Insights Connections;
  • Persoonlike data wat u oplaai by Insights Connections;
  • Persoonlike data wat u direk aan ons verskaf, waaronder onder meer wanneer u vorms invul, terugvoering oor ons produkte en/of dienste verskaf of met ons korrespondeer;
  • Inligting oor u indiensneming (d.w.s. as u ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn  is wat Insights-produkte lewer aan die maatskappy wat u in diens neem, sal ons in kennis gestel word as u daardie werkgewer verlaat);
  • Die voorkeuradres waarna Insights enige hardekopiehulpbronne, materiaal en/of handelsware moet stuur; en
  • Besonderhede van u Insights Praktisyn-akkreditering.

Indien u ’n Kliënt-Administrateur is, mag ons ook u kontakbesonderhede, die naam van u werkgewer en u aanmeldinligting insamel.

Derde partye

Ons sal van verskeie derde partye persoonlike data oor u ontvang.

Indien u ’n Deelnemer is, mag ons persoonlike data ontvang van:

Indien u ’n Kliënt is, mag ons persoonlike data ontvang van:

  • u bank, bougenootskap, finansiële instelling of -adviseur (m.a.w. indien u ’n benoemde gebruiker van die maatskappyrekening is en waar nodig, sal ons u toestemming vra);
  • kredietverwysingsagentskappe of verskaffers van omsigtigheidsondersoeke oor kliënte (m.a.w. indien u ’n benoemde gebruiker van ’n maatskappykaart of -rekening is wat gebruik moet word om die diens aan te koop – voer ons nie kredietkontroles op individue uit nie (tensy hulle ’n alleeneienaar is);
  • u werkgewer of organisasie (m.a.w. indien u in ’n besigheid se e-posketting gemerk is of as ’n Kliënt-kontak genoem is);en 
  • bronne wat toeganklik is aan die publiek (bv. Kommissie vir Maatskappye en Intellektuele Eiendom (CIPC), LinkedIn-bladsy of u webwerf).

Indien u ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn is, mag ons persoonlike data ontvang van:

Tegniese data

Meer algemeen, mag ons tegniese data van die volgende derde partye of openbaar beskikbare bronne ontvang:

  • analiseverskaffers (soos Google wat buite Suid-Afrika gevestig is);
  • geleentheidsorganiseerders (soos CIPD en ATD, wanneer u registreer vir een van ons byeenkomste);
  • kontak-, finansiële en transaksiedata deur verskaffers van tegniese-, betalings- en leweringsdienste;
  • identiteits- en kontakdata van datamakelaars of -versamelaars; en
  • identiteits- en kontakdata van openbaar beskikbare bronne.

Algemene persoonlike data wat ons mag insamel

Persoonlike data wat ingesamel word wanneer u ons webwerf besoek

Om bloot net ons webwerf te besoek, vereis nie dat u persoonlike data moet indien nie (hoewel ons koekies sekere persoonlike data mag insamel in ooreenstemming met ons Koekiebeleid). Ons gebruik koekies wanneer u ons webwerf en ander dienste betree. Wanneer ons koekies gebruik, sal ons u meedeel deur middel van ’n opspringkieslys en ons sal dit gebruik volgens ons Koekiebeleid

U kan u blaaier stel om alle of sekere blaaierkoekies te weier, of om u te waarsku as webwerwe koekies stel of betree. Let asseblief op dat as u koekies afskakel of weier, sekere dele van ons webwerf en/of ander dienste ontoeganklik kan word en/of nie behoorlik funksioneer nie.

As u wil inteken om geleenthede by te woon, bemarkingsmateriaal te ontvang of andersins ’n belangstelling openbaar om enige van ons produkte en/of dienste deur ons webwerf aan te koop, sal ons alle persoonlike data wat u aan ons bied, insamel.  Wanneer u ”Ask Insights”, klets en ”Kontak ons” deur ons webwerf gebruik om vrae te vra of probleme te rapporteer, sal ons ook die persoonlike data wat u verskaf deur daardie funksies insamel.

Geoutomatiseerde tegnologieë of interaksies

Terwyl u interaksie met ons webwerf het, sal ons outomaties tegniese data rakende u toerusting, blaaieraksies en -patrone insamel. Ons versamel hierdie persoonlike data deur die gebruik van koekies, bedienerlogs en ander soortgelyke tegnologieë. Ons kan ook tegniese data oor u ontvang as u ander webwerwe besoek wat ons koekies gebruik. Raadpleeg asseblief ons Koekiebeleid vir meer besonderhede.

Saamgebondelde data

Ons versamel, gebruik en deel ook saamgebondelde data soos statistiese of demografiese data vir enige doeleindes. Saamgebondelde data kan moontlik van u persoonlike data afgelei word maar word regtens nie beskou as persoonlike data nie omdat hierdie data nie direk of indirek u identiteit sal openbaar nie. Ons kan byvoorbeeld u gebruiksdata saambondel om die persentasie gebruikers wat na ’n sekere tydperk toegang verkry tot hul Persoonlike profiele  te bereken of om webwerfgebruik te ontleed. As ons egter saamgebondelde data met u persoonlike data kombineer of verbind sodat dit u direk of indirek kan identifiseer, hanteer ons die gekombineerde data as persoonlike data wat in ooreenstemming met hierdie Kennisgewing gebruik sal word.

Spesiale kategorieë persoonlike data

Ons versamel nie oor die algemeen enige spesiale kategorieë persoonlike data oor u nie (dit sluit onder meer besonderhede rakende u ras of etnisiteit, godsdienstige of filosofiese oortuigings, sekslewe, seksuele oriëntasie, politieke opinies, vakbondlidmaatskap, besonderhede oor u gesondheid en genetiese en biometriese data in). Ons versamel ook geen inligting oor strafregtelike skuldigbevindings en oortredings nie. In seldsame gevalle waar ons spesiale kategorieë  persoonlike data versamel, sal ons u daarvan in kennis stel voor ons dit insamel.

Hoe en waarom ons persoonlike data gebruik

Ons gebruik slegs u persoonlike data waar ons ’n regsgrondslag daarvoor het. Ons sal u persoonlike data meestal onder die volgende omstandighede gebruik:

  • Waar ons die kontrak wat ons van plan is om met u aan te gaan of reeds met u aangegaan het, moet uitvoer;
  • Waar dit nodig is vir ons geldige belange of dié van ’n derde party en u belange en fundamentele regte nie daardie belange vervang nie; en
  • Waar ons ’n wetlike verpligting moet nakom.

In die algemeen vertrou ons nie op toestemming as ’n regsgrondslag vir die verwerking van u persoonlike data nie, hoewel ons toestemming mag vra, indien nodig, om bemarkingskommunikasie per e-pos of teksboodskap aan u te stuur.   Waar ons om enige rede op u toestemming staatgemaak het, is u geregtig om te eniger tyd u toestemming terug te trek.  Ons sal aan u meedeel hoe om u toestemming terug te trek wanneer ons u daarom vra, maar u kan dit ook terugtrek by wyse van ’n e-pos aan ons, as dit vir u makliker is.

Indien u ’n individu in ’n jurisdiksie is wat toestemming vereis om u data te verwerk, sal ons u uitdruklike toestemming vra voordat ons u persoonlike data insamel of gebruik, tensy ons in staat is om u toestemming uit u optrede of gebrek daaraan af te lei. Ons oorweeg die sensitiwiteit van die persoonlike inligting, die redes waarom ons dit insamel en u redelike verwagtings as datasubjek wanneer ons die gepaste vorm van toestemming bepaal. Wanneer ons persoonlike data vir ’n nuwe doel aanwend, sal ons daardie nuwe doel op skrif stel en u toestemming daarvoor vra.

Persoonlike data wat oor Kliënte ingesamel word (insluitend Vennote/verspreiders)

Die persoonlike data wat van Kliënte en ander sakekontakte ingesamel word, word gewoonlik ingesamel:

  • want u ontvang ons produkte en dienste;
  • om kontraktuele verhoudings op ’n deurlopende basis te bestuur;
  • vir rekeninghouding;
  • om ons te help om aan enige regs- en/of regulatoriese vereistes te voldoen (d.w.s. daar mag deur die wet van ons vereis word om sekere finansiële rekords te hou); en
  • om bywerkings en nuus oor ons produkte en dienste, geleenthede en ander inligting te verskaf wat vir u van belang mag wees.

Deelnemer se persoonlike data

Die persoonlike data wat van Deelnemers ingesamel word, word gewoonlik ingesamel om:

Persoonlike data wat ingesamel word van Insights-geakkrediteerde praktisyns en -Administrateurs

Die persoonlike data wat ingesamel word van Insights-geakkrediteerde praktisyns en/of -Administrateurs word gewoonlik ingesamel om:

  • Bygewerkte rekords in verband met u akkreditering te hou (d.w.s. wanneer u akkreditering ontvang het, of die akkreditering steeds aktief is en vir watter Kliënt u Insights-produkte lewer);
  • Aan u toegang tot die praktisyns se materiaal en hulpbronne te verleen wat vir u noodsaaklik is om Insights-geleenthede wat Insights-produkte insluit, te fasiliteer en te lewer;
  • Aan u toegang tot ons veilige stelsels, portale of platforms te verleen, wat u toelaat om sekere Insights-produkte te genereer en toegang daartoe te verkry (d.w.s. dié wat u benodig om ’n Insights-geleentheid namens ’n Kliënt te fasiliteer en te lewer);
  • Rekenings aan ons Kliënte te stuur vir u akkreditering en u lisensiefooi as Insights-geakkrediteerde praktisyn  (d.w.s. die Kliënt wat u benoem het vir akkreditering, betaal gewoonlik ’n lisensiefooi aan Insights, wat u in staat stel om Insights-geleenthede namens hulle te lewer en te fasiliteer).

Die verwerking van algemene persoonlike data

Ons versamel ook meer algemene persoonlike data oor u, hetsy u ’n Kliënt, sakekontak, Deelnemer, Insights-geakkrediteerde praktisyn of -Administrateur is.  Hierdie persoonlike data word in die algemeen versamel om:

  • Ons in staat te stel om interne prosesse en rekordhouding by te werk en te verskerp;
  • Seker te maak dat interne sakebeleide nagekom word;
  • Navorsing te doen en terugvoering oor ons produkte en dienste te ontvang;
  • Ons voldoening aan die reg en/of ons kontrakte met Kliënte te beheer en te demonstreer;
  • Ons te help om akkreditering te bekom (ons gebruik gewoonlik saamgebondelde data hiervoor);
  • Persoonlike data te aggregeer om statistiese of demografiese data-ontleding uit te voer;
  • Ons by te staan met enige oudits (onder meer sekuriteitsoudits met betrekking tot ons platforms);
  • Te reageer op vrae of korrespondensie wat u mag ontvang; en vir

Indien u ’n meer gedetailleerde beskrywing verlang van die wyse waarop ons beplan om u persoonlike data te gebruik en die regsgrondslag waarop ons staatmaak om dit te doen, versoek ons dat u dit per e-pos aanvra by dpo@insights.com.

Let daarop dat ons u persoonlike data kan verwerk op grond van meer as een regsgrondslag, afhangende van die bepaalde doel waarvoor ons u persoonlike data gebruik.

Bemarking

As u ’n Kliënt of ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn is, kan ons dalk u persoonlike inligting gebruik om bywerkings aan u te stuur (per e-pos, teksboodskap, telefoon of pos) rakende produk- of diensontwikkeling wat vir u van belang kan wees en/of inligting in verband met ons dienste, insluitend eksklusiewe aanbiedinge, promosie-aanbiedinge of nuwe dienste of produkte.

Ons het gewoonlik ’n geldige belang as ons u persoonlike inligting vir bemarkingsdoeleindes gebruik, wat beteken dat ons nie gewoonlik toestemming nodig het om bemarkingsinligting aan u te stuur nie. Waar toestemming egter vereis word, sal ons afsonderlik en uitdruklik daarvoor vra.

U het ook die reg om te eniger tyd u toestemming om bemarkingskommunikasie te ontvang terug te trek deur:

  • ons te kontak by dpo@insights.com; of
  • die ’afteken’-skakel in e-posse te gebruik of ’STOP’ in teksboodskappe of e-posse.

Verkoop van persoonlike data 

Insights faktureer u werkgewer of organisasie vir die Insights-produkte en/of dienste wat verskaf word, maar verkoop nie persoonlike data aan derde partye nie.

Met wie ons u persoonlike data deel 

Ons mag u persoonlike data deel met die partye soos hierna uiteengesit, vir die doeleindes wat in hierdie Kennisgewing uiteengesit word:

  • Insights-werknemers, -kontrakteurs, Insights-geakkrediteerde praktisyns en/of -Administrateurs betrokke by die administrasie en fasilitering van Insights-geleenthede  het toegang tot Insights Online en kan Persoonlike profiele en Team Wheels genereer en toegang daartoe kry.  Let asseblief daarop: Ons verskaf Insights Online aan Insights-geakkrediteerde praktisyns vir die doeleindes wat in hierdie Kennisgewing uiteengesit word.  In die geval waar ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn ’n werknemer of ’n Direkte kliënt of ’n Vennoot is, mag hulle ook u persoonlike data verwerk in ooreenstemming met die Kliënt  se voorskrifte.  Die Kliënt is aanspreeklik vir sy eie voldoening aan databeskermingswette, insluitend alle inligtingsvereistes.

 

  • Ons Vennote, wanneer hulle produkte en/of dienste wat Insights-produkte insluit, aan u verskaf;

  • Ons diensverskaffers, wat verwerkingsdienste namens ons uitvoer.  Waar ons verwerkers gebruik, maak ons seker dat ons toepaslike kontrakte met hulle het en dat hulle onder streng verpligting is om ons instruksies te volg; en

  • Ander derde partye, waar nodig, om u opdragte uit te voer (d.w.s. ons kan dalk u data met ander derde partye deel, indien u ons versoek om dit te doen);

  • Persone wat verwerkingsdienste namens ons uitvoer.  Waar ons verwerkers gebruik, maak ons seker dat ons toepaslike kontrakte met hulle het en dat hulle onder streng verpligting is om ons instruksies te volg;

  • Derde partye aan wie ons dalk besluit om dele van ons onderneming of bates te verkoop, oor te dra of mee saam te smelt. Andersins mag ons probeer om ander ondernemings te bekom of daarmee saam te smelt. Indien daar ’n verandering in ons onderneming plaasvind, kan die nuwe eienaars dalk u persoonlike data op ’n soortgelyke manier gebruik as wat in hierdie Kennisgewing uiteengesit word;

  • Daarbenewens verskaf ons Kliënte onder sommige omstandighede bykomende dienste om Insights-produkte te inkorporeer. Wanneer hulle dit doen, moet hulle u voorsien van ’n aparte privaatheidskennisgewing wat enige aktiwiteite insluit wat nie in hierdie Kennisgewing gedek word nie. Ons sal nie aanspreeklik gehou word vir sodanige verwerkingsaktiwiteite deur derde partye nie;

  • As u Insights Connections gebruik, sal ander gebruikers dalk u persoonlike ruimte kan sien of bekyk en enige opmerkings of inhoud wat u oplaai en enige terugvoering en graderings wat u aan sekere materiaal, hulpbronne of inhoud gegee het, sien;

  • Professionele raadgewers, insluitend regsgeleerdes, bankiers, ouditeure en versekeraars wat raadgewende, bank-, regs-, versekerings- en boekhoudingsdienste verskaf; en

  • Suid-Afrikaanse Inkomstediens, regulerende en ander owerhede wat vereis dat onder sekere omstandighede verslagdoening uitgevoer moet word op verwerkingsaktiwiteite.

Ons kan dalk deur middel van een van ons Vennote u persoonlike inligting deel wanneer u toegang tot Insights-produkte verkry, om bystand aan hulle te verleen met die administrasie, fasilitering en lewering van Insights-produkte aan u.

Lede van die Insights-groep se maatskappye kan ook persoonlike data met mekaar deel. Ons het bestaande intragroep-ooreenkomste om te verseker dat enige persoonlike data wat op dié manier gedeel word, beskerm word.

Ons vereis dat alle derde partye die veiligheid van u persoonlike data moet respekteer en dit in ooreenstemming met die wet moet hanteer.  Ons beperk toegang tot u persoonlike data tot diegene wat ’n geldige behoefte het om toegang daartoe te verkry vir die doeleindes wat in hierdie Kennisgewing vervat word.

Waar u persoonlike data deur ons gehou word

U persoonlike data word in ons Europese AWS-datasentrums, Azure Office 365 Cloud Services gehou en kan ook by ons kantore en die kantore van ons groepmaatskappye, derdeparty-agentskappe, Vennote, diensverskaffers, verteenwoordigers en agente soos hierbo omskryf, gehou word.

Party van hierdie derde partye kan dalk buite die Europese Ekonomiese Ruimte of buite die plek waar u geleë is, gevestig wees.

Oordrag van u persoonlike data buite die plek waar u gevestig is – internasionale oordragte

Ten einde ons dienste aan u te lewer, is dit soms nodig dat ons u persoonlike data deel met partye buite Suid-Afrika, die Europese Ekonomiese Ruimte (EER) of die plek waar u geleë is, byvoorbeeld:

  • met ons kantore of ander maatskappye in ons groep;
  • met ons diensverskaffers;
  • met onsKliënte;
  • met ons geakkrediteerde praktisyns;
  • met onsVennote;
  • as u buite die VK/EER gevestig is, na ons bedieners in die VK/EER en terug na u ligging
  • waar daar ’n internasionale aspek verbonde is aan die dienste wat ons aan u verskaf (d.w.s. u besoek ’n virtuele Insights-geleentheid met individue van buite u land wat dit bywoon).

Ons sal slegs u data internasionaal oordra waar ons behoorlike bestaande waarborge het en waar daar ’n regsgrondslag is vir ons om dit te doen, kragtens die toepaslike wetgewing.

Datasekuriteit

Ons het gepaste veiligheidsmaatreëls ingestel om te voorkom dat u persoonlike data per ongeluk verlore gaan of op ’n ongemagtigde wyse gebruik word of toeganklik gemaak word, verander of bekendgemaak word. Daarbenewens beperk ons toegang tot u persoonlike data tot werknemers, agente, kontrakteurs en ander derde partye wat ’n besigheidsbehoefte het om toegang daartoe te verkry. Hierdie partye sal slegs u persoonlike data in ons opdrag verwerk en hulle is onderhewig aan ’n plig van vertroulikheid.

Ons het prosedures ingestel om enige verdagte persoonlike data-oortreding te hanteer en ons sal u en enige toepaslike reguleerder in kennis stel van ’n oortreding waar die wet vereis dat ons dit doen.

Hoe lank u persoonlike data gehou sal word

Ons sal u persoonlike data net vir so lank as wat dit redelik nodig is behou om die doel te vervul waarvoor ons dit ingesamel het, insluitend vir die doeleindes om enige regs-, regulerende, belastings-, boekhoudings-, of verslaghoudende vereistes te bevredig. Ons mag u persoonlike data vir ’n langer tydperk behou in die geval van ’n klagte of indien ons redelikerwys glo dat daar ’n vooruitsig van litigasie is met betrekking tot ons verhouding met u.

Ten einde die toepaslike bewaringstydperk vir persoonlike data te bepaal, neem ons die hoeveelheid, aard en sensitiwiteit in ag van die persoonlike data wat ons behou, die moontlike risiko van skade deur ongemagtigde gebruik of openbaarmaking van u persoonlike data, die doeleindes waarvoor ons u persoonlike data verwerk en of ons daardie doeleindes kan bereik op ander maniere, en die toepaslike regs-, regulerende, belastings-, boekhoudings- of ander vereistes.

U kan te eniger tyd versoek dat ons u persoonlike data uit ons rekords moet vee deur ’n e-pos te stuur na dpo@insights.com

Ons sal u persoonlike data slegs so lank hou as wat nodig is vir die doeleindes waarvoor ons dit ingesamel het, soos uiteengesit in hierdie Kennisgewing.  Met betrekking tot Insights-produkte, insluitend die Persoonlike profiel, Kleurvoorkeure en Team Wheel, sal ons persoonlike data wat benodig word om hierdie produkte te genereer vir 3 jaar behou vanaf die laaste onaktiewe datum, tensy u ons vra om dit langer te hou of om dit uit te vee voordat die tydperk van 3 jaar verstryk het.

Ons sal u persoonlike data outomaties uitvee of anoniem maak wanneer die doeleindes waarvoor ons dit hou nie meer van toepassing is nie.  Persoonlike data wat anoniem gemaak is, kan u nie meer identifiseer nie en die wet beskou sodanige data dat dit geen risiko vir individuele vryheid inhou nie. Ons kan data wat anoniem gemaak is, gebruik vir enige doeleindes.

Net sodat dit aan u heeltemal duidelik is hoe ons u persoonlike data gebruik, selfs nadat ons dit heeltemal anoniem gemaak het, kan ons data wat anoniem gemaak is op verskeie maniere gebruik, waaronder onder meer: om ons IT-stelsels te toets, om navorsings- of data-ontleding te doen, om ons diens te verbeter en om nuwe produkte en kenmerke te ontwikkel.

Ons kan ook inligting wat anoniem gemaak is met ander deel.

U wettige regte 

Ten opsigte van u persoonlike data het u onder sekere omstandighede sekere regte kragtens die wetgewing oor databeskerming. Klik asseblief op die skakels hier onder vir meer inligting oor hierdie regte:

Toegang

Die reg om ’n afskrif van u persoonlike data te ontvang

Regstelling

Die reg om te vereis dat ons enige foute in u persoonlike data regstel

Om vergeet te word

Die reg om te vereis dat ons u persoonlike data uitvee

Beperking van verwerking

Die reg om te vereis dat ons die verwerking van u persoonlike data beperk

Data-oordraagbaarheid

Die reg om die persoonlike data wat u aan ons verskaf het te ontvang in ’n gestruktureerde formaat wat algemeen gebruik word, masjienleesbaar is en/of dat daardie data aan ’n derde party oorgedra word

Om beswaar aan te teken

Die reg om beswaar aan te teken:
—te eniger tyd, teen die verwerking van u persoonlike data vir direkte bemarking (insluitend profielskepping);
—in sekere ander situasies, teen ons voortgesette verwerking van u persoonlike data, bv. verwerking wat uitgevoer word vir die doeleindes van geldige belange.

Om nie aan geoutomatiseerde individuele besluitneming onderworpe te wees nie

Die reg om nie onderworpe te wees aan ’n besluit wat uitsluitlik op geoutomatiseerde verwerking (insluitend profielskepping) gegrond is nie, wat regsgevolge vir u inhou of wat u op ’n soortgelyke manier beduidend kan raak

Indien u enige van hierdie regte wil uitoefen: Stuur asseblief ’n e-pos aan ons Databeskermingsbeampte by dpo@insights.com en verduidelik:

    • watter reg(te) u wil uitoefen en
    • die inligting waarop u versoek betrekking het.

Geen fooi normaalweg benodig nie

U betaal geen fooie om toegang tot u persoonlike data te verkry nie (nóg om enige van die ander regte uit te oefen nie). Ons kan egter dalk ’n billike fooi hef as u versoek duidelik ongegrond, vol herhaling of buitensporig is. Andersins kan ons onder hierdie omstandighede weier om aan u versoek te voldoen.

Wat ons van u nodig het

Ons moet dalk spesifieke inligting van u aanvra om ons te help om u identiteit te bevestig en u reg om toegang tot u persoonlike data te verkry, te verseker (of om u ander regte uit te oefen). Dit is ’n veiligheidsmaatreël om te verseker dat persoonlike data nie bekendgemaak word aan enige persoon wat nie die reg het om dit te ontvang nie. Ons kan u ook dalk kontak om u te vra vir meer inligting in verband met u versoek sodat ons vinniger antwoord.

Tydsbeperking vir antwoorde

Ons probeer om binne een maand op alle geldige versoeke te reageer. Soms kan dit ons langer as een maand neem as u versoek besonder kompleks is of as u ’n aantal vrae aan ons gerig het. In hierdie geval sal ons u in kennis stel en u op hoogte hou.

Vir verdere inligting oor elk van u regte, insluitend die omstandighede waaronder dit van toepassing is, raadpleeg asseblief die ”Guidance from the UK Information Commissioner’s Office (ICO) on individuals’ rights under the General Data Protection Regulation”.

Hoe om ’n klag te lê

Ons vertrou dat ons enige navraag of kwelpunt wat u oor ons gebruik van u inligting kan opper, sal oplos.  U het egter die reg om ’n klag by ’n toesighoudende owerheid te lê, spesifiek in die land van die Europese Unie (of Europese Ekonomiese Ruimte) waar u werk, normaalweg woon of waar enige beweerde skending van databeskermingswette plaasgevind het.

Die toesighoudende owerheid in Suid-Afrika is die Inligtingsreguleerder, wat gekontak kan word by https://inforegulator.org.za/complaints/ of telefonies by: 010 023 5200  U kan hulle kontak, ongeag of u in Suid-Afrika gevestig is of nie.

Kontakbesonderhede vir owerhede in die EEG, Switserland en sekere nie-Europese lande (insluitend die VSA en Kanada) kan hier gevind word

Hoe om ons te kontak

Kontak asseblief ons Databeskermingsbeampte per pos, e-pos of telefonies by:

DPO@insights.com

Insights Learning & Development Ltd

Terra Nova

3 Explorer Road

Dundee

DD2 1EG

+44 (0)1382 908050 

Woordelys

Administrateur beteken ’n individu wat toegang tot Insights Online het om ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn   te help om hul rekening te administreer en om een of meer gespesifiseerde Insights-produkte te lewer.  

Kleurvoorkeure beteken die kleurvoorkeure wat in u Persoonlike profiel uiteengesit word.  Hulle is ontwerp om u te help om te verstaan hoe u interaksie met ander is en hoe u kommunikeer met ander.   Kleurvoorkeure verteenwoordig u mengsel van kleurenergieë.  Hierdie kleurenergieë is die kleurryke basis van byna alles wat ons leer want ons glo dat dit fundamenteel is om onsself te verstaan.  Hoewel u waarskynlik ’n natuurlike verwantskap met een kleurenergie bo ander het, is ons almal ’n mengsel van al die kleurenergieë en kan ons almal spesifieke kleure opskakel of afskakel wanneer dit nodig is.  Die kleure verteenwoordig voorkeure en is nie ’n maatstaf van vaardigheid nie en hoewel hulle ’n akkurate beskrywing van u kan wees, definieer dit u nie.  U kleurenergie is nie ’n statiese ding nie, maar is eerder vloeibaar. Dit is ontwerp om u te ondersteun om enige situasie waarin u uself bevind, aan te pak deur uself te verstaan.

U kombinasie van kleurenergieë word deur u Team Wheel-posisie opgesom.

Voldoen aan ’n regsverpligting beteken om u persoonlike data te verwerk waar dit noodsaaklik is vir die nakoming van ’n regs- of regulatoriese verpligting waaraan ons onderworpe is.

Kliënt beteken ’n Kliënt van Insights, hetsy ’n Direkte kliënt en/of ’n Vennoot.

 

Direkte kliënt beteken ’n Kliënt van Insights wat Insights-produkte vir eie interne gebruik (d.w.s. vir sy werknemers) aankoop.  Direkte kliënt kan ook dalk Kliëntpraktisyns hê wat geakkrediteer is om Insights-produkte intern aan die Direkte kliënt te lewer.

Insights-geakkrediteerde praktisyn  beteken ’n individu wat geakkrediteer is deur Insights om een of meer gespesifiseerde Insights-produkte te gebruik en te lewer.  Insights-geakkrediteerde praktisyns kan:

  • werknemers of konsultante van Insights wees;
  • in diens van u werkgewer of organisasie wees; en/of
  • ’n werknemer of konsultant van ’n Insights-Vennoot of -verspreider wees.

Indien ’n Insights-geakkrediteerde praktisyn  in diens van u werkgewer of organisasie is, verwys ons na hulle as ’n “Kliëntpraktisyn” en hulle mag Insights-produkte slegs intern aan u werkgewer of organisasie lewer.

 

Insights Connections beteken die Insights Online- gemeenskaplike digitale platform vir Insights-geakkrediteerde praktisyns wat ’n virtuele besprekingsforum en hulpbronne insluit wat ontwerp is om Insights-geakkrediteerde praktisyns te ondersteun met die lewering van Insights-produkte. Die Insights Connections se Privaatheidskennisgewing is hier beskikbaar.

Insights Discovery-akkreditering beteken ’n opleidingsgeleentheid wat deur Insights bestuur word vir individue wat Insights-geakkrediteerde praktisyns wil word.

Insights Discovery Evaluator beteken die psigometriese instrument wat Insights gebruik om Insights-produkte te lewer. Die Insights Discovery Evaluator bestaan uit ’n reeks stellings wat Deelnemers versoek word om in orde te rangskik van hoe goed, volgens hulle, elke stelling hulle en/of hulle voorkeure beskryf.  U antwoorde sal deur ons algoritme verwerk word, wat staatmaak op dekades se ondervinding en ontwikkeling van ons intellektuele eiendom om Insights-produkte (soos die Persoonlike profiel en Team Wheels), te lewer.

 

Insights-geleentheid beteken ’n nabespreking, werksessie, ondervinding of leergeleentheid wat Insights-produkte insluit.

 

Insights Online beteken ’n aanlyn platform wat deur Insights bedryf word, waardeur (i) individue toegang tot die Insights Discovery Evaluator kan verkry, en (ii) persone wat deur Insights gemagtig is, toegang tot Insights-produkte kan verkry.

Insights-produkte beteken produkte en dienste wat ontwikkel word deur, besit word deur of gelisensieer is aan Insights en wat bemark of gebruik word onder die handelsname en handelsmerke van Insights.  Dit mag produkte insluit wat persoonlike data inkorporeer waaronder onder meer die Persoonlike profiel, Kleurvoorkeure en Team Wheel.

Deelnemer beteken die persoon wat die Insights-produkte ontvang of ’n Insights-geleentheid gaan bywoon (d.w.s. die individu wat die Insights Discovery Evaluator onderneem, ’n Insights-geleentheid gaan bywoon of oor wie die betrokke Persoonlike profiel handel).

Vennoot beteken ’n Kliënt van Insights wat Insights-produkte aankoop met die doel om hulle in te sluit by sy eie produkte/dienste en/of programme met sy eie Kliënte.  Vennote word soms ”Verspreiders” genoem.

 

Persoonlike profiel beteken die profiel wat deur die Insights Discovery Evaluator gegenereer word, wat eie aan u is.  Die Persoonlike Profiel is ontwerp om u te help om u selfbewussyn te verbeter en word gewoonlik gebruik in die konteks van ’n leer- of afrigtingsondervinding.  Dit bestaan uit grafieke, diagramme en stukke teks wat beskryf hoe iemand met u voorkeure hulself en ander beter kan verstaan. Dit kan byvoorbeeld ’n hoofstuk bevat met u sterkpunte, swakpunte en u waarde in die span, u kommunikasiestyl, verkoopsvernuf, hoe u bestuur en verkies om bestuur te word, u ideale werksomgewing, ens.  In die Persoonlike profiel, sal u u Kleurvoorkeure en Team Wheel-posisie sien.

Team Wheel - Die  Team Wheel identifiseer en skets elke spanlid se kleurvoorkeure op ’n wielvormige diagram, soos uiteengesit in hulle Persoonlike profiel, wat die kleurvoorkeure van die span uitbeeld.  “Team” in hierdie konteks kan na departementele spanne, groepe kollegas of ander groepe individue verwys wat deelneem aan ’n Insights-geleentheid. As u aan ’n Insights-geleentheid deelneem, waar individue van verskeie organisasies teenwoordig is, sal ander individue wat die Insights-geleentheid bywoon, ’n Team (span) vorm.  Team Wheels kan deur Insights-geakkrediteerde praktisyns en -Administrateurs gegenereer word en kan met ander lede van u Team (span), ons Vennote en Direkte kliënte gedeel word.

Team Wheels word ontwerp om spanlede te help om mekaar beter te verstaan en om beter met mekaar te kommunikeer deur te leer hoe om elke spanlid se kleurvoorkeure te identifiseer en te gebruik.

Die gebruik en skepping van Profiele en Team Wheels word beheer deur ons Beleid oor Aanvaarbare Gebruik wat hier beskikbaar is.